Skoolkode
Ons dank die Here dat ons lewe, gesond is en die krag het om skool toe te kom.
Ons dank Hom vir ons skool en glo dat Hy ons elke dag wil help in alles wat ons doen.
Ons sal ons ouers, onderwysers en meerderes altyd respekteer.
Ons sal ons maats met liefde behandel en probeer om hulle nooit te benadeel nie.
Ons sal die minderbevoorregtes en swakkes help.
Ons sal ons skool se goeie naam hoog hou en nie deur ons gedrag skade aandoen nie.
Ons sal elke dag die take wat aan ons opgedra word na die beste van ons vermoë doen, sodat ons opgebou kan word tot waardige burgers van ons land.
ONS WEET: Ons ken ten dele nou en moet na volheid reik. As ons die goeie wil behou moet dit uit dade blyk.