Laerskool Randfontein bied ‘n verskeidenheid sportsoorte binne skoolverband aan en behaal jaarliks verskeie prestasies op plaaslike en provinsiale vlak en het al verskeie atlete gehad wat op nasionale vlak presteer het. Deelname word aangemoedig en ten einde meer leerders die geleentheid tot deelname te bied – is die daarstelling van B- en selfs C-spanne bewerkstellig. Toegewyde afrigters verseker dat alle leerders kwaliteit afrigting ontvang. Erkenning word aan leerders gegee vir deelname aan sport met verdere erkenning aan presterende leerders in die vorm van balkies en kleure – gemeet aan die vlak van prestasie.
Die volgende sportsoorte word aangebied:-
Juniors
- Welpie-rugby
- Mini-netbal
- Mini-krieket
- Mini-hokkie
- Pom-poms / Cheerleaders
Seniors:-
- Atletiek
- Rugby
- Netbal
- Hokkie
- Krieket
- Landloop
- Skaak
- Jukskei
- Tennis
- Pom-poms / Cheerleaders
Die volgende sportsoorte word ook erkenning gegee alhoewel dit nie binne skooolverband aangebied word nie:-
- Perdy
- Boogskiet