Verskeie kultuuraktiwiteite word aangebied en Laerskool Randfontein glo daarin dat leerders gebalanseerd moet wees en dat geleenthede gebied moet word om leerders op alle vlakke te ontwikkel. Laerskool Randfontein het al verskeie kere die toekenning ontvang van die National Eisteddfod as Kultuurskool en ons spog jaarliks met leerders se puik prestasies op verskeie streek, provinsiale en selfs nasionale vlak.
Prestasies sluit in Algehele wenners van die RACA Eisteddfod, Top 10 leerders van die National Eisteddfod, Talent Africa Wenners, Nasionaal van die ATKV Redenaars en nog vele meer. Erkenning word gegee aan leerders vir deelname sowel as individuele prestasies.
Die volgende kultuurgeleenthede bestaan binne skoolverband:-
- Juniorkoor en Seniorkoor
- Seniorkoor
- Interne Redenaars ( Kwalifiserende rondte vir ATKV, Super 12 en Radikale Redenaars)
- Internal Public Speaking (Kwalifiserende rondte vir Radikale Redenaars)
- Redaksie
- Drama
- Spreekkore
Erkenning word gegee vir deelname aan RACA en NEA, Skryf-net se Nasionale skryfkompetisie, SPCA/DBV se jaarlikse tekenkompetisie en die ATKV Spel-a-thon.