Sport

Laerskool Randfontein bied ‘n verskeidenheid sportsoorte binne skoolverband aan en behaal jaarliks verskeie prestasies op plaaslike en provinsiale vlak en het al verskeie atlete gehad wat op nasionale vlak  presteer het. Deelname word aangemoedig en ten einde meer leerders die geleentheid tot deelname te bied – is die daarstelling van B- en selfs C-spanne bewerkstellig. Toegewyde afrigters verseker dat alle leerders kwaliteit afrigting ontvang.  Erkenning word aan leerders gegee vir deelname aan sport met verdere erkenning aan presterende leerders in die vorm van balkies en  kleure  – gemeet aan die vlak van prestasie.

Die volgende sportsoorte word aangebied:-

Juniors

  • Welpie-rugby
  • Mini-netbal
  • Mini-krieket
  • Mini-hokkie
  • Pom-poms / Cheerleaders

Seniors:-

  • Atletiek
  • Rugby
  • Netbal
  • Hokkie
  • Krieket
  • Landloop
  • Skaak
  • Jukskei
  • Tennis
  • Pom-poms / Cheerleaders

Die volgende sportsoorte word ook  erkenning gegee alhoewel dit nie binne skooolverband  aangebied word nie:-

  • Perdy
  • Boogskiet