Ondersteuningsdienste

Berader:-

Die skool beskik oor ‘n  voltydse maatskaplike werkster waarheen leerders met leerprobleme en sosiale probleme verwys word vir ondersteuning en berading.

Veiligheid:-

Behalwe vir die dienste van gewapende reaksie en  CCTV–kameras op die terrein – beskik die skool ook oor die dienste van ‘n voltydse sekuriteitswag  (06:00 tot 18:00) ten einde sekuriteit by die skool te verhoog. Die leerders se veiligheid is die skool se eerste prioriteit, maar daadwerklike pogings word aangewend om ook die veiligheid van besoekers en hul besittings te verseker.

Tydens groot funskies en geleentheide – beskik die skool ook oor die dienste van karwagte.

Alle hekke van die skool is gedurende skooltye gesluit en besoekers moet aanmeld by die Algemene Kantoor.

Leerders wat gedurende skooltyd afgehaal word, moet by ontvangs uitgeteken word. Tydens pouses is personeel en leiers aan diens en alle moontlike stappe word geneem dat leerders nie aan gevaarlike situasies blootgestel word nie.

Verder is daar ‘n noodplan in plek wat gereeld ingeoefen word om te verseker dat elke personeellid en leerder weet hoe om in ‘n geval van nood op te tree.